Friday 27 February 2015

Eierlose RooiFluweelKolwyntjies




Eierlose RooiFluweelKolwyntjies
Lewer 16 kolwyntjies
250 ml (1 k) melk...
7 ml (1½ t) appelwynasyn
375 ml (1½ k) meel
250 ml (1 k) strooisuiker
30 ml (2 e) kakaopoeier
2 ml (½ t) koeksoda

2 ml (½ t) bakpoeier
knippie sout
60 ml (¼ k) olie
15 ml (1 e) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
VERSIERSEL:
100 g botter, versag
225 g roomkaas
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
2 ml (½ t) rooi voedselkleursel
1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 16 muffinpanholtes met papierdoppies uit en spuit liggies met kleefwerende sproei.
2. Meng die melk en asyn en sit 5 minute eenkant om te skif.
3. Sif die meel, suiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout in ’n groot bak saam.
4. Voeg die olie, voedselkleursel en ekstrak by die geskifte melk en klits goed. Voeg die melkmengsel stadig by die droë bestanddele en klits tot goed ingemeng, maar nie te veel gemeng nie.
5. Vul elke papierdoppie tot net verby halfpad. Bak 15 minute of tot ’n tandestokkie wat in die middel ingesteek is skoon uitkom. Haal uit die oond en laat op ’n rak afkoel.
6. Versiersel Klits die botter en roomkaas saam en voeg die versiersuiker geleidelik by tot glad en romerig. Klits die vanielje-ekstrak in en verdeel die mengsel tussen twee bakke. Voeg die voedselkleursel by die een bak en verkoel albei 10 minute in die yskas.
7. Plaas die wit versiersel in ’n versierselsak en voeg dan die gekleurde versiersel by. Druk dit oor die afgekoelde kolwyntjies uit en sit voor.