Wednesday 25 February 2015

BUTTERKUCHEN KOEK




BUTTERKUCHEN KOEK:
9 koppies meel

1 teelepel sout
4 eiers
2 pakkies kitssuurdeeg
3/4 koppie suiker
3 1/2 koppies kookwater

250 gram botter

SOUS:
500 ml room
500 g botter
Kaneelsuiker

Sny 250g botter in bak in voeg suiker by. Voeg kookwater by en roer tot opgelos. Laat afkoel.
Sif meel, suurdeeg en sout saam en voeg by die bottermengsel. Voeg geklitste eiers by. Laar rys vir 45 minute.
Knie af en sit in panne. Hierdie resep maak 4 groot bakplate vol.
Smelt botter en room vir sous. Laat vir 5 minute kook.
Laat die deeg in die panne rys en skep helfte van die roommengsel oor. Sprinkel kaneelsuiker oor.
Bak teen 225 grade C vir 15-20 minute.
As dit uit die oond kom, sprinkel weer kaneelsuiker oor en dan die res van die room-mengsel.
Bedien warm.

Nota: Die koek vries baie goed. Laat ontvries en maak weer warm voor opdien.