Thursday 19 February 2015

Bros Aartappels



Bros Aartappels

Kook aartappels tot halfpad. Gooi bietjie meel en sout oor en krap met vurk en ek dink die geheimis dit word gebak in 'n elektriese braaipan met klein bietjie warm olie. Laat stadig bak terwyl jy so af en toe draai. Wag eers dat hulle los is van bodem en olie moet warm wees as jy aartappels in sit.

of

vir die lekkerste crispy aartappels moet mens dit van rou af in die oond op 'n hoë temperatuur gaar maak, rol dit in die olie, gooi jou spices en herbs aromat en sout, en bak op 220 grade, draai elke 5 na 10 minute, dis verby lekker., sag binne en crispy buite.

of

So maak ek: Kook aartappels in mikrogolf tot gaar (of op stoof), laat afkoel, trek velletjies af. Halveer, krap met vurk, bak in warm olie (nie rook warm nie) tot goudbruin en bros. Net soos wanneer jy chips sal bak, behalwe in hierdie geval is die aartappels alreeds gaar so dit is vinniger om te maak. Geur met sout of Aromat. (Ek maak dit gereeld op hierdie manier, was nog nooit 'n flop nie.)

of

Vir lekker braai aartappels, kook tot sag. Gooi water af, laat afkoel, strooi meel oor aartappels en gooi kookolie bo oor id pot. Sit deksel op pot, vee gereeld water wat vorm op deksel af, dit sal heerlik bros bak.