Friday 30 January 2015

Parmaham-en-papaja-stokkies





Parmaham-en-papaja-stokkies
Genoeg vir 10 stokkies
1 groot papaja of spanspek, geskil en pitte uitgekrap ...
10 lappies parmaham
20 groot basiliekruidblare

Sous
Meng 75 ml olyfolie, 30 ml balsemiekasyn, 10 ml lemmetjiesap en 5 ml bruinsuiker. Geur met sout.
1 Sny die papaja in happiegrootte blokkies.
2 Vou die parmaham in konsertinavoutjies en steek op ’n lang stokkie.
3 Vou ’n basiliekruid-blaar en ryg ook op die stokkie.
4 Ryg ’n papajablokkie op elke stokkie en voltooi met ’n basiliekruidblaar.
5 Herhaal met die res van die bestanddele op die ander stokkies.
6 Sit met die balsemieksous voor.
Rooi Rose