Friday 30 January 2015

Ongebakte Appelkoos Ontbyt Graanballe




Ongebakte Appelkoos Ontbyt Graanballe
Lewer 12 balle
Dit is ’n heerlike peuselhappie om in ’n fles te hou vir knibbelkos tussen maaltye.
...
Gaarmaak: 8 min.
Bereiding: 15 min.
Bestanddele:
200 ml romerige grondboontjiebotter
60 ml (¼ k) heuning
2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
1 L (4 k) graanvlokkies, liggies fyngemaak
80 ml (⅓ k) droë-appelkose, fyn geknip
60 ml (¼ k) amandels, gerooster en gekap
1 ml (¼ t) fyn gemmer
80 g sjokolade, gekap
20 g botter
Metode:
Meng die grondboontjiebotter, heuning en vanielje-ekstrak in ’n groot kastrol. Verhit oor late hitte terwyl jy aanhoudend klits tot net gesmelt en amper glad. Roer die graanvlokkies, appelkose, amandels en gemmer in tot goed gemeng. Vorm die mengsel in balle met nat hande. Los op ’n gesmeerde bakplaat sowat 15 min. of tot ferm. Plaas die sjokolade en botter in ’n hittebestande bak. Verhit terwyl jy roer oor ’n pot pruttende water tot gesmelt.
Bedruip oor die appelkoos-graanvlokkieballe. Sit eenkant sowat 15 min. of tot die sjokolade geset het. Bêre in ’n lugdigte houer.
Dit sal sowat ’n week vars bly.