Thursday, 15 January 2015

Broodwiele




Lekker idee vir julle volgende braai.  Ook sommer 'n lekker manier om van daardie klein bietjies ontslae te raak.

Broodwiele
Smeer ‘n groot bakplaat met bietjie olie. Oond; 180 gr C. Braai saam: 1 pk bacon stukkies, 1 gekapte ui en 2 fyn knoffelhuisies. Dreineer op kombuispapier. Rol 1 kg wit brooddeeg uit, so dun soos jy kan, [koop sommer die deeg in die supernark,] Sprinkel bacon en uie eweredig oor, dan 1 k gerasperde cheddar kaas. Rol deeg op soos ‘n roll, en sny in skywe, so 3 cm dik. Pak op sykante op die bakplaat en bak 20- 30 minute tot gaar en bruin.