Thursday 29 January 2015

Aarbei-melkskommels




Aarbei-melkskommels

Meng 250 ml aarbei-roomys en 250 ml aarbei-jogurt saam in ’n versapper of pols dit met ’n handmenger tot glad. Gebruik ’n skêr en knip wit malvalekkers in sirkels. Plak die sirkels aan die binnekant van glase vas en gooi die glase vol aarbei-melkskommel. Sit ’n strooitjie in elk en sit dit dadelik voor.