Sjokolade Eclairs
Bestanddele:
60 ml water
60 ml melk ...
60 gr margarine
135 ml koekmeel
3 ml sout
3 ml suiker
3 eiers (geklits)
Sjokolade vir bo-oor
Bestanddele:
60 ml water
60 ml melk ...
60 gr margarine
135 ml koekmeel
3 ml sout
3 ml suiker
3 eiers (geklits)
Sjokolade vir bo-oor
Metode:
Voorverhit die oond tot Oond 180°C.
Plaas melk, water en margarine in 'n kastrol en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en voeg meel, suiker en sout by en roer met 'n houtlepel tot 'n gladde pasta. Roer geklitste eiers bietjie vir bietjie by en meng tot gladde deeg. Skep deeg in ‘n spuitsak en spuit lang vorms op ‘n uitgevoerde, gesmeerde bakplaat.
Plaas in oond en bak 25 minute lank tot uitgepof, bros en goudbruin. Haal uit en laat afkoel op 'n draadrakkie. Vul met styfgeklopte room en smelt sjokolade en smeer bo-oor.