Thursday 20 November 2014

VERSKILLENDE VULSELS VIR SOUT DOPPIES




VERSKILLENDE VULSELS VIR SOUT DOPPIES
SALM VULSEL:
1 blikkie pienk salm
2 eetl sandwichspread...
2 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles en skep in doppies

KOMKOMMER VULSEL:
1 gerasperde komkommer (gedreineer)
1 fyn gedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles goed en skep in doppies
POLONIE VULSEL
1 kop fyn gerasperde polonie
1 fyngedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper
MAASKAAS & HAM VULSEL:
125gr ham (fyn gerasper)
100ml mayonaise
1 houertjie maaskaas
30ml pietersielie gekap
30ml agurkies gekap
30ml ui gekap
sout en rooipeper
Meng alles goed skep in doppies en gooi paprika bo-oor
HOENDER & HAM VULSEL
1 pakkie cream of mushroom sop
50ml meel
50ml melkpoeier
750ml water
100gr ham gekap
30 ml agurkies gekap
sout en rooipeper
Meng droe bestandele in ‘n pot voeg water by en kook tot dik en gladde mengsel
Laat prut vir so 5 minute – Voeg ham en agurkies by meng en laat afkoel.
Gooi sout en peper by en skep in doppies
AARTAPPEL VULSEL:
Kook aartappels en mash – roer bietjie mayonaise en bietjie kondensmelk by sout en peper en bietjie droe pietersielie en skep in doppies.
Jy kan as jy wil so ‘n bietjie sandwichspread ook in roer en die kondensmelk los.
KAAS & EIER VULSEL:
Half koppie mayonaisse
Half koppie fyngemaakte viennas, bacon of ham
Half koppie sterk gegeurde cheddarkaas
1 teelepel mosterd
1 hardgekookte eier fyngemaak
Meng goed en skep in doppies