Thursday 20 November 2014

VARKROL GEVUL MET APPELKOSE



VARKROL GEVUL MET APPELKOSE
900 g varkrib ontbeen (vra jou slagter om dit te doen)
3 snye witbrood (dagoud), sonder korsies
60 ml stingelui
40 ml platblaar-pietersielie, gekap
growwesout en gemaalde swartpeper
40 ml botter
100 g gedroogde appelkose (sag), gesnipper
15 ml olie
15 ml botter
250 ml biefaftreksel
15 ml mielieblom met 30 ml koue water gemeng
kombuistou – 6 x 25 cm-stukkies
KOM ONS KOOK
Verhit die oond tot 190°C.
Sny die brood in 1 cm-blokkies. Sit op ’n bakplaat en in die oond vir 5 minute. Plaas in mengbak.
Sny stingelui in 5 mm-skyfies en braai in botter tot sag. Voeg die appelkose by.
Haal van die hitte af. Voeg die brood, pietersielie, sout en peper by.
Vee die oop varkrol droog met kombuispapier. Strooi sout en peper oor. Plaas die vulsel in die middel. Rol styf op en bind met kombuistou vas.
Geur die buitekant van die rol ook met sout en swartpeper.
Verhit die botter en olie tot baie warm in ’n kastrol en braai die rol tot goudbruin reg rondom.
Sit in ’n oondkastrol en gooi die aftreksel oor. Plaas in die voorverhitte oond vir 1 uur. Bedruip met die pansappe en laat vir nog ’n halfuur in die oond.
Haal die vleis uit die oond en plaas op ’n snybord. Laat rus vir 15 minute.
Voeg die mielieblom by die pansappe in die oondkastrol en roer op stoofplaat tot die sous verdik. Haal die tou af en sny die vleis in skywe. Bedien met sous.