Thursday, 13 November 2014
SPRINKAANKOEK
SPRINKAANKOEK
(‘n Gewilde lekkerny uit ‘n beroemde Britse bakkery)
Onderste laag:
Jy benodig
200g donker sjokolade
200g botter
250g versiersuiker
3 eiers, geklits
120g bruismeel
Metode
Smelt sjokolade oor stomende water
Klits botter en suiker tot romerig
Klits eiers stadig by
Meng meel vou
Roer sjokolade by
Voer bakplaat (23cm x 32cm) met bakpapier en smeer beslag bo-oor
Bak in oond vir 30 minute teen 170˚C
Laat afkoel
Groen laag:
Jy benodig
250ml dubbelroom
1kg wit sjokolade, gekap
1 eetlpl kruisementgeursel
2 druppels groen voedselkleursel
Metode
Verhit room in kastrolletjie
Voeg sjokolade by en roer tot gesmelt
Verwyder van hitte en roer geursel en kleursel by
Bedek en plaas in yskas vir 1 uur, roer af en toe
Sjokolade laag:
Jy benodig
125ml dubbelroom
270g donker sjokolade, gekap
Metode
Verhit room in kastrolletjie
Voeg sjokolade by en roer tot gesmelt
Verwyder van hitte, bedek en plaas in yskas vir 30 minute, roer af en toe
Smeer groen mengsel oor gebakte laag
Bedek en plaas in yskas vir 30 minute of tot ferm
Smeer sjokolademengsel versigtig bo-oor
Bedek losweg en plaas oornag in yskas
Sny in blokkies
(Die Nataniël Tafel)