Thursday 6 November 2014

Rooibos-teekoek




Rooibos-teekoek

Resep deur Annerien Vermeulen
Dis ’n heerlike klamkoek en veral lekker by middagkoffie. Indien jy diabetiese
witsjokolade in die hande kan kry, is dit veral lekker as jy 100 g sjokolade smelt
saam met 100 ml gewone jogurt. Vervang dan die bolaag hiermee.
• 125 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
• 125 ml sultanas
• 50 g laevet-margarien
• 180 ml suikerplaasvervanger
• 3 eiers
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 140 g (250 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
• 10 ml bakpoeier
• knippie sout
• 2 ml kaneel
• 50 ml karringmelk
• 75 ml appelsous
• skil van 1 suurlemoen
Sous
• 300 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
• 45 ml suurlemoensap
• 125 ml suikerplaasvervanger
Bolaag
• 250 ml laevet-maaskaas
• suikerplaasvervanger na smaak
• 5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 ºC. Spuit ’n ringkoekpan van 24 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Gooi die warm tee oor die sultanas en laat staan tot benodig. Room margarien en suikerplaasvervanger tot liggeel. Klits eiers een vir een by. Sif koekmeel, volkoringmeel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Roer die meel- en tee-mengsel beurtelings by die margarienmengsel tot ’n sagte beslag vorm. Roer die karringmelk, appelsous en suurlemoenskil by. Skep beslag in voorbereide pan. Bak vir 40 minute tot gaar. Gooi die warm stroop booor die koek. Stroop Kook tee saam met die suurlemoensap en suikerplaasvervanger. Kook ongeveer 3 minute. Bolaag Meng al die
bestanddele en skep oor die afgekoelde koek.
KOMMENTAAR
Die koek moet verkieslik in 20 stukkies gesnyword. Die GI van die rooibostee-koek
is nie heeltemal so laag nie.– Hilda Lategan