Wednesday, 26 November 2014

Mielie-en-spektert




Mielie-en-spektert
(4 – 6 porsies)...
Deeg
200 g (360 ml) koekmeel
100 g (110 ml) botter
knippie sout
30 – 45 ml koue water
Plaas meel, botter en sout in voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg net genoeg water by om ’n deeg te vorm. Bedek met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir
sowat 30 minute. Rol uit op meelbestrooide oppervlak en voer ’n tertbord van so 18 cm wat goed gesmeer of gespuit is daarmee uit.
Vulsel
30 ml botter
250 g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
3 preie, in skywe gesny
1 blik (340 g) mieliepitte, gedreineer
100 g cheddarkaas, gerasper
3 eiers
250 ml room
125 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180 °C. Smelt helfte van botter in ’n pan. Braai spek tot bros, haal uit en dreineer op kombuispapier. Smelt res van botter in dieselfde pan en braai preie tot sag. Meng
preie, spek en mieliepitte. Sprinkel helfte van kaas in uitgevoerde tertbord. Skep vulsel bo-op. Sprinkel res van kaas oor. Klits eiers, room en melk saam en gooi oor vulsel. Geur met sout
en swartpeper. Bak vir sowat 34 minute tot gestol.