Friday 7 November 2014

Malvalekker & Pynappel Yskastert




Malvalekker & Pynappel Yskastert
Bestanddele:
1 pak tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
suurlemoensap afgemeet in die helfde van die lee kondensmelkblik
250ml room (ek vervang dit altyd met orley-whip)
1 pak malvalekkers, gesny in kwarte
1 blik fyn pynappel, gedreineer
1 klein boksie suikerkersies, in halwes of kwarte gesny
Metode:
1.Pak die tennisbeskuitjies in rye onder in jou tertbak. As alternatief kan jy dit krummel, meng met 'n bietjie botter of margarien en dan in die tertbord vadruk as jy eerder so daarvan hou.
2.Neem die kondensmelk en suurlemoensap en meng goed deur met 'n draadklitser tot verdik.
3.Klits die room tot styf en meng dan die roommengsel met die kondensmelkmengsel. Gebruik eerder 'n invou-aksie as om net te roer sodat die room steeds dik bly, anders sal dit nie stol nie.
4.Voeg laastens die pynappel, kersies en malvalekkers by die roommengsel en meng vinnig deur.
5.Giet oor die beskuitjies en plaas in die yskas vir minstens drie ure.