Friday 7 November 2014

Karamel-melktert




Karamel-melktert
Genoeg vir 10-12 mense
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
Afkoeltyd: oornag
•250 g Tennis-koekies, fyn gedruk
•200 g botter, gesmelt
•1,5 L (6 k) melk
•200 g suiker
•3 eiers
•100 g meel
•100 g mieliemeelblom
•10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
•50 g botter
•ekstra 250 ml (1 k) melk
•1 boksie (90 g) karamel-kitspoeding
•250 ml (1 k) room
•1 blik (360 g) karamelkondensmelk
•1 blok (90 g) melksjokolade
1.Meng die koekies met die gesmelte botter en druk dit in die bodem van ’n diep, vierkantige 30 cm-bak vas. Laat koel af tot benodig.
2.Verhit 1 L (4 k) van die melk met die suiker 10 minute in ’n groot mikrogolfbestande bak.
3.Klits die eiers, oorblywende 500 ml (2 k) melk, meel, mieliemeelblom en vanielje-ekstrak in ’n ander bak tot glad.
4.Meng die meelmengsel met die warm melk en mikrogolf 12 minute terwyl jy elke 2 minute roer tot die mengsel dik is. Klits die botter in en laat afkoel.
5.Klits die ekstra melk en kitspoeding saam. Klits die room in ’n ander bak tot sagte pieke vorm en vou dit by die kitspoeding in.
6.Wanneer die vla afgekoel het, begin met die lae. Giet die vla oor die afgekoelde koekielaag, maak die karamelkondensmelk oor die vla glad en voeg dan die kitspoedingmengsel by. Rasper die sjokolade oor en verkoel oornag.