Monday, 24 November 2014

GESTOOFDE VRUGTE VIR ONTBYT




GESTOOFDE VRUGTE VIR ONTBYT
VRUGTE
 500 ml (2 k) appelsap
 250 ml (1 k) water
 1 pypkaneelstokkie
 3 heel kardemompeule, effens fyngedruk
 250 ml (1 k) gedroogde appelringe
 250 ml (1 k) gedroogde pere
 250 ml (1 k) pruimedante
 250 ml (1 k) perskes
 paar gedroogde appelkose
 STROOP
 60 ml (4 e) suiker
 15 ml (1 e) mielieblom
 JOGURT
 250 ml (1 k) laevet- Bulgaarse jogurt
 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
 50 g (½ pakkie) pistasieneute, grofgekap

1 Sit vrugtebestanddele in mengbak. Laat oornag staan.
 2 Plaas klein ronde metaalrakkie in kastrol met geskikte grootte.
 3 Giet droëvrugte met sap daarin.
 4 Plaas kastrol se deksel op en verhit tot kookpunt, (wanneer borrels vorm).
 5 Draai hitte laer ná kookpunt bereik is en stoom vir nog 5 minute tot sag.
 6 Verwyder van hitte.
 7 Haal droëvrugte uit, asook metaalrakkie.
 8 Verwyder kardemompeule en pypkaneelstokkie.
 9 Stroop Skep klein bietjie vloeistof uit in geskikte houertjie en meng mielieblom en suiker daarby. Meng by vloeistof in kastrol.
 10 Verhit vloeistof weer tot kookpunt. Verwyder van hitte en skep oor gestoofde vrugte.
 11 Jogurt Meng bestanddele saam en sit saam met gestoofde vrugte voor.