Thursday 20 November 2014

Gekrummelde calamari met ‘n rissie-doopsous



Gekrummelde calamari met ‘n rissie-doopsous
Deur: Nina Timm

Bestanddele
500g calamari-buise en tentakels (vra die vishandelaar om hulle skoon te maak vir jou)
 125 ml (½ koppie) melk
 1 eier
 125 ml (½ koppie) meel
 sout en peper
 1 pakkie Crispy & Tasty Chicken Coating met Sweet Chilli Dip-Mix
 750 ml (3 koppies) olie, vir braai
Tartaarse sous
 75ml (5 eetlepels) mayonnaise
 1 sprietui, fyngekap
 1 agurkie, fyngekap
 'n paar takkies vars kruisement, fyngekap
 die inhoud van die Sweet Chilli Dip-Mix sakkie

Metode
Sny die calamari in dun ringe, en die tentakels in kleiner porsies.
 Gooi die meel, sout, peper en calamari in 'n plastieksak en skud dit om die calamari met die meel te bedek.
 Klits die melk en eier saam in 'n bak.
 Gooi die inhoud van die sakkie Crispy & Tasty krummels op ‘n bakplaat. (Hou die Sweet Chilli Dip-Mix opsy om te gebruik in die Tartaarse sous)
 Doop die calamari in die melk en eiermengsel, en dan in die krummels, en plaas op 'n bord of bakplaat.
 Sit in die yskas vir ten minste 30 minute.
 Maak intussen die Tartaarse sous.
 Wanneer jy gereed is om te bedien, verhit die olie in 'n diep pan totdat dit baie warm is, en braai die calamari in klein porsies vir 25 - 30 sekondes.
 Verwyder die calamari uit die olie met 'n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en bedien dadelik met die tartaresous.
Tartaarse sous
 Meng al die bestanddele  saam en voeg in 'n doopbakkie.