Monday 3 November 2014

Brood-en-bottergebak met ham en mosterd




Brood-en-bottergebak met ham en mosterd
Bestanddele
◦10 mediumsnye witbrood
◦40 g botter, saggemaak
◦1 e volgraan-mosterd
◦150 g gesnyde ham
◦275 ml volroommelk
◦275 ml dubbeldik room
◦4 medium eiers
◦50 g beleë Cheddarkaas, gerasper
Aanwysings
1.Plaas vyf snye brood op ’n kapbord. Smeer dit met botter en mosterd. Verdeel die ham vervolgens tussen die snye brood en voltooi met nog ’n sny brood bo-op elke stapeltjie. Sny die toebroodjies diagonaal in kwarte deur.
2.Rangskik die driehoeke in ’n oondvaste bak van 23 cm x 23 cm x 7,5cm. Gooi die melk, room, eiers en genoeg geurmiddels in ’n groot beker en meng goed. Giet die eiermengsel eweredig oor die brood en druk die brood effe platter. Indien jy tyd het, laat dit vir 15 minute in die yskas staan, andersins kan jy voortgaan.
3.Voorverhit die oond tot 180°C. Strooi die kaas oor en geur met varsgemaalde swartpeper. Bak vir 30 tot 35 minute of tot die eiermengsel begin stol. Bedien dadelik met ’n vars groenslaai.
Elke porsie 3 605kJ, 62g vet (35g versadigde vet), 49g koolhidrate (7g totale suiker).
Wenk
 Hoender of beesvleis is goeie plaasvervangers as jy nie van ham hou nie.