Wednesday 29 October 2014

Truffles met ’n bietjie byt




Truffles met ’n bietjie byt
Jy het nodig:
160 ml room
¼ t kaneel
’n stewige knypie rooipeper
340 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
versiersels van jou keuse (verkieslik pienk of rooi) kakao

Só maak ’n mens:
1. Plaas die room, kaneel en rooipeper in ’n middelgroot kastrol en verhit oor matige hitte totdat dit begin borrel.
2. Verwyder van die hitte en voeg die sjokolade by. Roer tot heeltemal gesmelt.
3. Gooi die mengsel in ’n bak, bedek dit en verkoel dit minstens 2 uur tot gestol.
4. Plaas die versiersels en kakao in bakkies. Haal die sjokolademengsel uit die yskas 15 minute voordat jy wil begin.
5. Gebruik ’n teelepel om balletjies te rol uit die sjokolademengsel (dit kan morsig raak, veral as die sjokolade te veel begin smelt. Sit dit dan weer vir ’n rukkie in die yskas voordat jy verder gaan). Rol die truffels in die kakao of die versiersels.
6. Sit dadelik voor of bêre in die yskas in ’n lugdigte houer vir twee dae (as dit so lank sal hou).