Toffie-appels
deur Herman Lensing...
(14 appels)
14 rooi appels,
14 sosatiestokkies
500 g suiker
100 g glukose-poeier (kyk by apteek)
125 ml water
30 g botter
10 ml rooi voedselkleursel (vervang met pienk)
Steek ‘n sosatiestokkie in elke appel. Plaas suiker, glukose en water saam in ‘n middelslag-pot. Roer oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook tot die stroop 150 ˚C meet, sowat 8 – 10 minute (sien wenk onder). Voeg botter en voedselkleursel by en meng met ‘n houtlepel tot ingemeng. Doop elke appel versigtig in warm stroop deur die stok as handvatsel te gebruik. Plaas op bakpapier wat met kleefwerende sproei gespuit is. Laat afkoel tot hard.
wenk
As jy nie ‘n suikertermometer het nie, kan jy só toets: Ná 8 minute se kook, laat ‘n klein druppel stroop in yswater val. As dit ‘n harde bal vorm wat soos glas lyk, is dit reg.