Thursday 16 October 2014

Driehoek Worsie Happies




Driehoek Worsie Happies
16 happies
Bestanddele:
bietjie olie...
1 ui, fyn gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
375 g (1 pakkie) plaasworsies
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg

45 ml (3 e) soetrissiesous
bietjie melk vir bo-oor
Metode:
Stel oond op 220 °C.
1. Verhit olie en soteer ui en kruie tot sag. Hou eenkant.
2. Kook worsies in klein bietjie water tot gaar. Laat afkoel en sny in 6 cm-stukkies. Hou eenkant.
3. Rol deeg oop en effens platter.
4. Sny deeg in 6 cm x 6 cm-blokkies.
5. Smeer soetrissiesous skuins oor elke blokkie (van een hoek tot teenoorgestelde hoek). Skep uiemengsel bo-oor.
6. Plaas worsies skuins oor deegvierkant en vou punte oor mekaar. Maak punte met water nat sodat dit goed vassit.
7. Verf bietjie melk bo-oor