Monday 15 September 2014

WORTELKOEK RESEP



Dianne Ten Haaf
 
WORTELKOEK RESEP:
Voorverhit oond op 180°C
MENGBAK 1:
1 1/2 Koppie bruismeel
1 Eetlepel gemengde speserye
1 Koppie sagte bruinsuiker...
Meng goed

MENGBAK 2:
1 Telepel koeksoda opgelos in 'n bietjie melk
1 Koppie kookolie
3 Eiers
1 Koppie piesangmoes
1 Koppie grof gerasperde wortel
1/2 Koppie fyngekapte okkerneute of pekanneute
Meng goed
Voeg mengbak een by mengbak twee en meng goed
Bak vir 1 uur
Die beslag is genoeg vir een standaard ronde koekpan of vir 'n laer koek bak ek myne in 'n groot quiche pan
SUURLEMOEN ROOMKAAS VERSIERSEL:
1 Koppie sagte maar nie gesmelte botter
2 Koppies versiersuiker
Klits baie goed tot amper wit en donsig
Voeg by 'n halwe koppie roomkaas (kamer temperatuur meng makliker)
Klits weer baie goed tot lig en donsig
Voeg suurlemoensap bietjies bietjies by en klits goed na elke byvoeging