Thursday 25 September 2014

Rooibos-koeksisters




Rooibos-koeksisters

Bestanddele vir die stroop:
250ml afgekoelde Rooibostee...
125ml water
15ml suurlemoensap
500ml wit suiker (400g)

Metode vir stroop:

Plaas suiker Rooibostee, water in ‘n kleinerige kastrol. Plaas op matige hitte en roer voortdurend tot suiker heeltemal opgelos is.
Kook stadig (sonder deksel) vir sowat 8 minute.
Haal van hitte af en roer suurlemoensap by.
Plaas eenkant terwyl deeg aangemaak word.

Bestanddele vir die deeg:
375ml (180g) gesifte koekmeel.
30ml bakpoeier
1ml fyn sout
20g (40ml) koue botter of margarien.
150ml volroom melk
750ml kookolie

Metode vir deeg:

Sif deeg, sout en bakpoeier saam. Sny botter of margarien in klein blokkies en vryf goed in die meelmengsel totdat dit soos broodkrummels lyk.
Voeg melk by. Gebruik ‘n tafelmes om die mengsel liggies mee deur te werk om ‘n deeg te vorm.
Rol deeg uit, sny in small stroke en vleg in tipiese koeksistervorm.
Braai koeksisters, so drie of vier per keer in diep kokende olie tot goudbruin.
Lig uit olie met eierspaan en plaas onmiddellik in louwarm stroop.
Haal uit en laat dreineer op draadrak.

Bedien koud.