Thursday 4 September 2014

Kerrie-groenbone




Kerrie-groenbone
(sowat vier 250 ml-flesse)
◾1 kg groenbone
◾2 uie, gekap
◾100 g suiker
◾8 ml sout
◾25 ml kerriepoeier
◾5 ml borrie
◾30 ml mielieblom
◾450 ml witwynasyn
Sny die groenbone in sowat 3 cm stukke. Gooi die bone in ’n kastrol en bedek met warm water. Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute. Voeg die uie by en kook vir nog 5 minute. Meng die suiker, sout, kerriepoeier, borrie en mielieblom met ’n bietjie van die asyn. Voeg die mengsel by die bone en gooi die res van die asyn ook by. Roer goed en kook stadig vir 5 minute. Vul gesteriliseerde flesse met die warm bone.