Tuesday 30 September 2014

“Kerrie-beker”




“Kerrie-beker”
2 e olie
1 ui, fun gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
3 takkies tiemie
1 e fyn koljander
1 t fyn komyn
I lourierblaar

2 e kerriepoeier
1 e tamatie pasta
500 g maalvleis
1 blikkie (410g) heel tamaties
2 t suiker
Sout en gemaalde swartpeper
Handvol vars koljanderblare
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie, knoffel en tiemie tot sag en goudbruin. Voeg die koljander, komyn, lourierblaar, kerriepoeier en tamatie pasta by en braai vir ‘n minuut of twee. Roer die maalvleis by en braai vir 5-6 minute. Voeg die blikkie tamaties en die suiker by, geur met sout en gemaalde swartpeper en prut vir 10-12 minute. Roer die vars koljanderblare by.
“Kerrie-beker”
Skep ‘n beker of oondvaste houer 2/3 vol met die Kerrie maalvleis. Breek ‘n eier bo-op en bak vir 8-10 minute teen 180°C.
Bedien warm met roosterbroodvingers.

(RSG)