Thursday 28 August 2014

SJOKOLADEPANNEKOEK-RESEP




SJOKOLADEPANNEKOEK-RESEP

Ongeveer 10 pannekoeke

Bestanddele
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 2,5 ml (½ t) bakpoeier
  • 45 ml (3 e) strooisuiker
  • 45 ml (3 e) kakao
  • knypie sout
  • 1 ekstragroot eier
  • 30 ml (2 e) olie
  • 312 ml (1¼ k) volroommelk
  • 125 ml (½ k) water
  • ekstra olie

Swartkersievulsel
  • 425 g (1 blik) swartkersies
  • 30 ml (2 e) strooisuiker
  • 20 ml (4 t) mielieblom
Metode
  1. Sif meel, bakpoeier, strooisuiker, kakao en sout saam.
  2. Klits eier, olie, melk en water saam en roer by meelmengsel.
  3. Laat staan vir 30 minute voor dit gebruik word. Roer nog bietjie water by indien beslag te dik is.
  4. Verhit bietjie olie in gemiddelde grootte braaipan.
  5. Skep genoeg beslag in braaipan om bodem te bedek.
  6. Bak pannekoek tot gestol en keer om.
  7. Herhaal tot beslag opgebruik is en plaas pannekoek op bord en bedek.
  8. Swartkersievulsel Dreineer swartkersies en behou stroop.
  9. Roer strooisuiker en mielieblom saam. Voeg klein bietjie van stroop by strooisuiker en mielieblommengsel. Roer tot ’n pasta vorm.
  10. Roer oorblywende stroop by tot glad.
  11. Verhit stroop op stoofplaat. Roer gereeld. Verwyder stroop van hitte wanneer dit begin borrel.
  12. Roer swartkersies liggies by sodat dit nie breek nie. Laat swartkersievulsel bietjie afkoel en sit saam met pannekoeke en room voor.