Romerige mieliesop
Sit klein glasies sop voor met
gebraaide Weense worsies.
genoeg vir 8
• 40 g (45 ml) botter
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 x 500 g-sak bevrore mieliepitte
• 500 ml hoenderaftreksel
• sout en swartpeper
• 250 ml room
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 45 ml olyfolie
• 1 x 250 g-pak Enterprise Chef’s Cut Peppadew Viennas, in ringe gesny
Verhit botter tot warm in middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 3 – 5 minute of tot ui begin verbruin. Voeg mielies by en braai nog 5 – 8 minute. Gooi aftreksel by en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper. Kook 5 – 8 minute of tot mielies sag en gaar is. Gooi room by en kook nog 5 minute. Voeg brandrissie by en verpulp met staafmenger (stick blender) om gladde, romerige sop te maak. Verhit olie tot warm in ’n skoon pan. Braai worsies 3 – 5 minute of tot goudbruin. Sit voor met sop en vars brood