Thursday, 14 August 2014
HOENDERTERT (Groot kookboek vir diabete)
HOENDERTERT (Groot kookboek vir diabete)
Porsies: 8 Koolhidrate per porsie: 16.2g Energie: 983kj
Kors:
25oml volkoring bruismeel
Knip sout
Knip rooipeper
2ml droë gemengde kruie
50ml olie
75ml kookwater
Vulsel:
300ml afgeroomde melk
37,5 ml koekmeelblom
37,5ml volkoringmeel
5ml mostertpoeier
Knip rooipeper
100ml afgeroomde melk
125ml gladde vetvrye maaskaas
1 eier
500ml hoender, gaar, in blokkies gesny
2ml sout
25ml ui, gerasper
10ml droë gemengde kruie
62,5ml cheddar kaas, gerasper
Paprika
Vars pietersielie, gekap
METODE:
Kors:
Meng meel, sout, rooipeper en kruie om te belug. Roer kookwater en olie by droë bestandele. Druk deeg in 230mm tertbord vas. Prik met vurk.
Vulsel:
Verhit 300ml melk tot kookpunt. Meng meel, mostert en rooipeper met 100ml melk tot glad. Roer ‘n dun straaltjie by kokende melk. Roer voortdurend en kook tot dik en gaar. Meng maaskaas en geklitste eier. Roer warm mengsel by kaasmengsel. Roer hoender, sout, ui en gemengde kruie by kaassous. Skep in rou kors. Strooi kaas oor. Bak teen 180° C vir 35-40 min totdat vulsel gestol en kors gaar is. Laat effens afkoel om te stol voor sny en bediening. Strooi ‘n bietjie gekapte pietersielie en paprika oor voor bediening.