Gestoomde koejawelpoeding
Genoeg vir 6 – 8
• 250 g (270 ml) sagte botter
• 250 g (285 ml) strooisuiker
• 4 eiers
• 5 ml vanieljegeursel
• 250 g (445 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 100 ml laevet-melk
• 1 x 410 g-blik koejawels, gedreineer
• 500 ml vanieljevla vir voorsit
Plaas botter en suiker in mengbak en klits by hoë spoed tot romerig. Voeg eiers een-een by en hou aan klits tot glad. Voeg geursel, meel, bakpoeier en melk by. Klits tot gladde mengsel vorm. Spuit ringpan met volume van 1,5 liter met kleefwerende kossproei. Pak koejawels onderin pan en gooi beslag bo-oor. Seël pan se bokant dig met foelie – maak seker dis goed toe. Plaas in pot met sowat 3 cm water onderin. Seël pot en bring water tot kookpunt. Stoom sowat 2 uur of tot toetspen skoon uitkom. Maak gereeld seker daar is genoeg water in pot. Laat staan 5 minute en keer uit op opdienbord. Sit voor met vanieljevla