Thursday 28 August 2014

AARBEI-HERTZOGGIES




AARBEI-HERTZOGGIES


ongeveer 36 blokkies

KORS
125 g (¼ blok) botter
125 ml (½ k) suiker
1 ekstragroot eier
60 ml (4 e) volroommelk
500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
250 ml aarbeikonfyt

MERINGUELAAG
3 ekstragroot eierwitte
312 ml (1¼ k) strooisuiker
500 ml (2 k) fyn klapper
5 ml (1 t) vanieljegeursel


Stel oond op 180 °C.

1 Kors Room botter en suiker tot liggeel, ongeveer drie minute. Voeg eier en melk by en klits tot gemeng.
2 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel tot deeg vorm.
3 Druk deeg op bakplaat van 24 cm x 34 cm groot wat met bakpapier uitgevoer en met kossproei gespuit is. Plaas in yskas vir 20 minute.
4 Meringuelaag Klits eierwitte met elektriese klitser tot stywepuntstadium. Voeg strooisuiker bietjies-bietjies by en klits tot dik en glansend.
5 Roer klapper en vanieljegeursel by eierwitte.
6 Smeer aarbeikonfyt oor deegkors.
7 Skep meringuemengsel oor aarbeilaag.
8 Bak vir 27 tot 30 minute of tot meringue ligbruin bo-op is.
9 Laat bietjie in bakplaat afkoel. Sny in blokkies.
10 Laat blokkies heeltemal afkoel en berg in lugdigte houer.