Wednesday 23 July 2014

Frikkadelle in suurlemoenblare oor die kole gebraai





Frikkadelle in suurlemoenblare oor die kole gebraai (bedien 4)
200g maalvleis
2 snye brood, in melk geweek
1e gekapte pietersielie
2t gekapte kruisement
1 suurlemoen
1 eier
sout en swartpeper
groot suurlemoenblare
peuselstokkies
Meng die maalvleis, brood en vars kruie. Rasper die skil van die suurlemoen en voeg by die vleismengsel. Klits die eier liggies en meng deur die mengsel. Indien die mengsel ’n bietjie droog is, kan die sap van die suurlemoen ook bygevoeg word. Geur na smaak met sout en peper. Vorm klein frikkadelletjies (omtrent so groot soos okkerneute) en druk effens plat in die palms van jou hande. Vou elke frikkadelletjie toe in ’n suurlemoenblaar en steek die blaar vas met ’n peuselstokkie. Braai aan albei kante oor die kole vir sowat 4 minute of tot die blare effens begin bros raak en die vleis gaar is.
Sit warm voor.