Tuesday 22 July 2014

Broodklei Resep




Broodklei Resep

21 Snye Witbrood (korsloos en in blokkies gesny)

21 Teelepels houtlym ( kry by jou hardeware winkel PVA tipe)
2 Teelepels water
2 Teelepels Skottelgoedseep ( dien as preserveermiddel)



Knie die klei deeglik, todat dit nie meer klewerig is nie, maar glad, sag tog ferm
As die klei te droog is, maak jou hande nat en knie (pasop net vir te nat klei)
Die klei kan in 'n koelkas gebere word vir langer as 'n jaar
Laat lugdroog word
As daar barsies verskyn, vryf net klei daar in met 'n nat vinger en vryf mooi glad.
Plak met ‘n gom geweertjie of bostik

maak dit net eers in die helfte aan 11 snytjies brood weeg 218g - 10 teelepels gom weeg 80g. Ek het suurlemoensap gebryk en nie skottelgoed seep nie, omrede ek alergies is vir die skottelgoed seep. As jy goed deur gewerk het, deel dit in 3 balletjies op en bry met jou hande. Dit is maar 'n tydsamige storie, maar jy kan so lank dink aan al die mooi goedjies wat jy gaan maak

Ongekookte sagte soutklei - Rochelle Brand se resep:
water
1 eetlepel sonneblomolie

2 koppies koekmeel of broodmeel
1/2 koppie sout
1/2 koppie waterkoekkleursel
1.Meng die water en sonneblomolie.
2.Roer die meel en sout in.
3.Knie tot brooddeeg.
4.Indien nodig, voeg nog water by.
5.Voeg die koekkleursel by.
6.Knie tot die kleur deeglik ingemeng is.
7.Bere in 'n plastieksakkie of plastiekbakkie om die klei sag te hou.

Gekookte klei - Lize Snyders se resep:
2 k koekmeel
5 eetlepels kremetart
1 k sout
2 k water
5 eetlepels olie
Voedselkleursel
Geursel
1.Meng als in pot.
2.Roer met houtlepel tot 'klei' 'n bol begin vorm.
3.Verminder hitte en hou aan roer totdat die bol lekker solied is.
4.Knie vir 2 minute.
5.Laat afkoel voor spel en bêre in 'n houer in die yskas.

Variasie – Marizelle Strumpher se resep:
2 k koekmeel
2 k water
halwe koppie sout
2 eetlepels kremetart
koekkleursel
1.Meng alles goed saam in kastrol.
2.Kook op stoof en roer die heeltyd.
3.Kook tot dik.
4.Haal af en knie goed totdat klei nie meer aan hande vasklou nie.

Gerda Ferreira se resep:

Gerda sê: "Ek gebruik die volgende Speelkei resep. Dit bly BAIE lank sag en elasties en het 'n fantastiese tekstuur. Kiddies is gek daaroor. Ek gebruik hierdie resep al ampper 18 jaar en ek het tot dusver nog nie 'n beter een gekry nie":
2 koppies water
½ koppie sout
1 eetlepel Vaseline
1 eetlepel Aluin kristalle
5ml Voedselkleursel
2 k koekmeel
1.Kook bogenoemde alles saam totdat aluin en Vaseline opgelos is. Verwyder van die stoof.
2.Voeg by 2 koppies koekmeel. Knie dadelik goed deur terwyl die mengsel nog warm is.
3.Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer wanneer dit nie gebruik word nie.
4.Vir afwisselling gooi ek soms glitter of pvc confetti vorms in.

Melanie Uys voeg by:

"Ek het ook selfde resep as Gerda Ferreira. Maar gebruik net olie in plaas van Vaseline. Dis 'n great resep en Aluin-kristalle is goedkoop en maklik om te kry. As die klei dalk te lank oop laat lê kan mens dit weer lekker sag maak met bietjie water. En as dit dalk te pap is met bietjie meel. Kiddies speel baie lekker en sal niks oorkom indien hul daarvan eet nie!"

Klei wat gebak kan word - Mari Bekker se resep:

Mari sê: "Kinders kan dit wat hul gevorm het bak of laat droog word en dit kan dan na die tyd geverf word. Kinders kan lekker Kersversierings maak, juwele of enigiets anders."
2 k meel
1 k sout
1 eetlepel olie
175 ml water
1.Meng alles saam.
2.Laat kinders met klei speel en iets vorm.
3.Bak teen 180° tot hard alternatiewelik los in die son vir 2 dae.

Gerda Ferreira se resep:

Gerda sê: "Die volgende soutdeeg kan gebruik word om vorms te maak, te bak en dan te verf en of vernis vir 'ornamente'":
270g (2 gelykvol koppies) meel
320g (1 gelykvol koppie) sout
180ml (3/4 koppie) water
10ml kookolie
1.Meet droë bestanddele af en meng goed.
2.Skep uit op werkoppervlak en knie goed vir ±10 minute – dit is belangrik dat die vir 10 min te knie, omdat dit die gluteninhoud ontwikkel en dit baie meer hanteerbaar maak. Rol ‘n klein bietjie deeg uit in ‘n klein balletjie en as dit nie kraak nie weet jy dit is reg om te gebruik.
3.Kan gekleur word met voedselkleursel, koffie, paprika/speserye.
4.Hou klaarbereide deeg bedek terwyl dit nie gebruik word nie.
5.Deeg kan met bietjie water geverf word om op mekaar te “plak”.
6.Bak teen 180 grade Celsius tot droog (afhangend van dikte van model) op bereide bakplate.
7.Laat afkoel.
8.Verf en vernis soos nodig.
9.Lekker speel!

Wenk

Linda van Cittert sê:
"Net 'n gedagte – ek het my meisiekind vormpies met 'n koekiedrukker laat uitdruk en dit gedroog in die oond. Toe magneetstukkies (mens kry stroke met gom aan die 1 kant omtrent 30cm lank by craft winkels) agterop geplak, en sy het vir elke familielid yskasmagnete gemaak.

"Sy het sommiges met Glittergom geverf, maar van dit op sommiges het afgeval nadat dit droog was. Die klomp was almal BAIE gelukkig met hul geskenkies, en sy was baie bly oor al die komplimente!"