Wednesday 25 June 2014

Wildsvleis-kasserol




Wildsvleis-kasserol

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd:
20 minute
Gaarmaaktyd:
212 uur
Oondtemperatuur:
180 °C

• 45 ml olyfolie
• 1 kg wildsvleisskenkels, in stukke gesny
• 1 prei, fyngekap
• 8 knoffelhuisies, geskil
• 4 naeltjies
• 8 baba-uitjies, geskil
• 1 wortel, geskil en gekap
• 30 ml tamatiepasta
• 1 kaneelstokkie
• 2 ml elk fyn neutmuskaat en fyn komyn
• 25 ml rooiwynasyn
• 300 ml rooiwyn
• 1 blikkie (200 ml) tamatiesap
• ’n takkie roosmaryn
• 4 lourierblare
• 60 ml gekapte vars Italiaanse pietersielie
• rys of pasta en groente om voor te sit

1 Verhit ’n lagie olie in ’n kastrol. Braai die vleis bietjies-bietjies bruin oor matige tot hoë hitte en skep dit uit.

2 Gooi nog olie in die kastrol en soteer die preie, knoffel, naeltjies, uitjies, wortel en tamatiepasta vir ’n minuut. Roer die speserye by en gooi die asyn by. Roer dit vir ’n minuut en gooi dan die wyn, tamatiesap, roosmaryn, lourierblare en 250 ml warm water by. Verhit dit tot kookpunt.

3 Skep die vleis en vloeistof in ’n oondbak. Bedek dit met foelie en bak dit vir 212 uur tot die vleis sag is. Roer die pietersielie by. Sit dit voor met rys of pasta en groente.
 
(IDEES)