Friday, 20 June 2014

Volkoringbeskuit vir Diabete





Volkoringbeskuit vir Diabete
250g margarien
375ml laevet karringmelk
125ml semels ...
800ml volkoringmeel
125ml All Bran vlokkies
125ml koekmeelblom

25ml bakpoeier
5ml sout
90ml fruktose
· Smelt margarien en voeg die karringmelk by.
· Meng die droë bestanddele.
· Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om 'n sagte deeg
te vorm.
· Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk.
· Bak teen 180C vir 50 minute. Laat afkoel.
· Sny in beskuite. Droog teen 80C vir 8 uur of in lou oond.
· Lewer ongeveer 50 beskuite.