Thursday, 19 June 2014

Soetpatat- en peersop




Soetpatat- en peersop


2 E Olyfolie
1 Klein ui, fyngekap
2 Knoffelhuisies, gekap
750 gr.Soetpatats, geskil en in blokkies gesny
2 ferm pere, geskil en in blokkies gesny
4 K Hoender- of Groente-aftreksel
1 E Groen peperkorrels, liggies fyngemaak
1 t Pietersielie, gekap
1 K room, opsioneel

• Smelt die botter, voeg die uie by en dan die knoffel. Kook vir ‘n paar minute totdat die uie sag is.
• Voeg die pere en soetpatats by en kook vir 2 minute.
• Voeg nou die aftreksel by, bring tot kookpunt, verminder die hitte en prut totdat die groente sag is.
• Verkoel effens, maak fyn en plaas dan die pot terug op die hitte. Voeg die fyngemaakte peperkorrels, pietersielie en room (opsioneel) by.
• Geur na smaak en bedien