Sjokolade-en-muesli-kluitjies
“Jy kan dié sjokolade-kluitjies so groot of klein maak as wat jy wil; kies papierdoppies in die geskikte grootte,” sê Jenny.
Bestanddele
- 250 g donker- of melksjokolade
- 100 g muesli of grof gekapte brosbroodkoekies
- 100 g gekapte gerooster amandels of grondboontjies
- 100 g gekapte geglaseerde kersies
- 30 g lig geroosterde, uitgedroogde klapper
- mooi papierdoppies in rooi of pienk, of as jy gelukkig is, kry dié met klein hartjies
- geglaseerde kersies in kwarte gesny
- versiersuiker vir bestrooiing
Skep in papierdoppies, sit kersiestukkies op elkeen en strooi ’n bietjie versiersuiker oor.