Wednesday 11 June 2014

Peerfrummel





Peerfrummel

Maak die beste gebruik van seisoenpere met hierdie variasie op die gewone appelfrummel. Smelt die kaneelsuiker in die peersap in terwyl die tert bak om ’n heerlike stroop te vorm.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 30 min.
Bak: 30 min.

DEEG
250 g botter, gerasper
125 g suiker
1 eier
750 ml (3 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
1 eiergeel
VULSEL
800 g pere
125 g suiker
5 ml (1 t) kaneel
45 ml (3 e) rosyne
  1. Deeg: Klits die botter, suiker en eier saam. Voeg die droë bestanddele by en bring die deeg bymekaar. Voer ’n tertpan met die deeg uit en prik gate in die bodem met ’n vurk. Plaas in die yskas en laat ’n halfuur verkoel. Draai die oorblywende deeg in kleefplastiek toe en verkoel tot nodig.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C en bak die deeg 10 minute. Verf die deeg met eiergeel en plaas nog 5 minute in die oond.
  3. Vulsel: Rangskik die pere in die deegdop en strooi die suiker, kaneel en rosyne daaroor. Rasper die oorblywende deeg oor die vrugte.
  4. Bak ’n kwartier en sit dadelik voor.