Wednesday 11 June 2014

Marokkaanse lensiesop - Diabeties




Marokkaanse lensiesop
sowat 1,25 liter
Porsiegrootte: 250 ml
◾250 ml (210 g) rooilensies
◾5 ml olyfolie
◾1 groot ui, gekap
◾5 ml gekapte knoffel
◾5 ml gemaalde koljander
◾5 ml gemaalde komyn
◾knippie matige kerriepoeier
◾1 groot geelwortel, geskil en fyngerasper
◾1 middelslag-tamatie, ontvel en gekap
◾1 groot aartappel, geskil en in blokkies gesny
◾1 liter kookwater
◾1 groente- of vleis-aftrekselblokkie
◾25 ml suurlemoensap
◾varsgemaalde swartpeper
◾sout na smaak
◾gekapte, vars pietersielie
Week die lensies 1 uur in kookwater. Dreineer. Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel tot die ui deurskynend is. Voeg die koljander, komyn en kerriepoeier by gebraaide ui en roerbraai liggies. Voeg die groente en kookwater by die uiemengsel en bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat 1 – 1½ uur prut tot die lensies sag en gaar is. Voeg die aftrekselblokkie, suurlemoensap en swartpeper by. Proe en voeg nog sout by indien verkies. Strooi gekapte, vars pietersielie oor.
Voeding-analise per porsie
Energie: 871 kJ
Koolhidrate: 26,9 g
Vet: 1,5 g
Glukemiese indeks: laag (29)