Wednesday 11 June 2014

Lemoenpoeding





Lemoenpoeding‘n Effense variasie op die bekende Japie-se-gunsteling. Dié poeding het ‘n fyn koeklagie bo-op en baie sous onder-in.
2 eiers, geskei
250 ml suiker
100 ml koekmeelblom

250 ml melk
180 ml lemoensap
15 ml fyn marmelade
Fyngerasperde skil van 1 lemoen
30 ml gesmelte botter of margarien Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n oondbak van 20 cm met botter. Klits die eiergele en suiker baie goed tot lig en dik. Voeg die meel en melk by en roer tot gemeng. Voeg die lemoensap, marmelade, skil en gesmelte botter of margarien by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou in. Skep in die gesmeerde bak en plaas in die groter oondbak. Vul met water tot driekwart vol. Bak vir 45 minute tot goudbruin. Laat effens afkoel en sit voor. Genoeg vir 4-6 mense.