Lekker gebakte poeding:
Beslag:
5 ml koeksoda (1 teelepel)
125 ml melk (halwe koppie)...
375ml bruismeel
125 ml suiker (halwe koppie)
2 eiers
30 ml appelkooskonfyt
1 teelepel asyn
25ml sagte botter
knypie sout
Sous:
200 ml water
200 ml suiker
200 ml room
200 ml botter
1 teelepel vanielje geursel
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C
Smeer ’n oondvaste bak wat ongeveer 2 liter kan bevat met botter
Los die koeksoda in die melk op en hou eenkant.
Meng die appelkooskonfyt en asyn saam en meng saam met die res van die bestandele vir die beslag. Roer dan die sodamelk by en meng tot glad.
Skep die beslag in die gesmeerde oondbak en bak die poeding vir 25 - 30 minute lank. Al lyk dit of die bak te groot is, moenie ’n kleiner bak gebruik nie.
Verhit nou al die bestandele vir die sous saam tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer.
Wanneer die poeding uit die oond kom, sny dadelik in 12 gelyke blokke en gooi dan die kokende sous stadig oor die hele poeding om te verseker dat die sous in die poeding intrek. Geniet met vla in die winter, of roomys in die somer.