Thursday 5 June 2014

Eierbrood Muffin



Eierbrood Muffin

1 dag oue "french loaf" broodjie, in stukke gebreek
2 en 1/2 kop melk
6 groot eiers
1/2 kop strooisuiker
1 tl vanilla essense
1 tl fyn pypkaneel

Vir die bo-laag kaneel strubel
1/4 kop yskoue botter
1/4 kop bruinsuiker
1/2 koekmeel
1 tl pypkaneel
knypie sout

*esdoornstroop vir opdiening (maple syrup)
*botter

1. Meng saam melk, eiers, suiker, vanilla en kaneel in groot mengbak
2. Spuit muffinpannetjies , maak elke gaatjie vol met broodstukkies. Giet versigtig melkmengsel
bo-oor eweredig oor al die broodjies, druk effe plat, en giet nog eiermengsel oor. Vat maar jou tyd, laat die broodjies al die eiermengsel opsuig, gooi nog oor tot al die mengsel op is.
3. Maak toe met cling wrap, sit in yskas vir min 1 -2 uur.
Voorverhit oond 180 C
In 'n groot mengbak , meng botter , bruinsuiker, koekmeel, kaneel en sout saam met vingerpunte tot dit soos krummels lyk
Haal voorbereide muffins uit yskas, en sprinkel die krummels bo-oor. Deel mooi eweredig.
Bak 25 min tot goudbruin en gaar . Sprinkel liggies met pypkaneel.
Laat muffins afkoel vir 5 min

Haal uit en sit dadelik voor met botter en esdoornstroop