Friday 27 June 2014

Diabetiese Broodpoeding




Diabetiese Broodpoeding
deur Barbara Joubert
(4 porsies)
◾6 snye lae-GI brood
◾15 ml laevet margarien
◾30 ml appelkooskonfyt vir diabete
◾100 ml rosyne
◾300 ml laevet melk
◾4 eierwitte
◾30 ml suikervervanger
◾5 ml fyn kaneel
◾5 ml vanieljegeursel
◾knippie sout
Verhit jou oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak van 20 cm x 20 cm met nie-kleefmiddel. Smeer die brood liggies met die margarien en konfyt. Sny die brood (met korsies aan) in kwarte. Meng die broodkwarte en rosyne in die oondbak. Klits die orige bestanddele saam en gooi oor. Bak vir 55 – 60 minute tot gestol.