Friday 23 May 2014

Vla-skywe




Vla-skywe
1 rol blaardeeg (ontdooi)
1/2 Koppie suiker
1/2 Koppie vlapoeier...
2 koppies melk
1 teelepel Vanielje geursel
Karamel kondensmelk

Voorverhit die oond tot 200° C
Plaas waspapier op ’n gesmeerde bakplaat en smeer bo-op met botter
Rol die blaardeeg oop op ’n meelbestrooide werksoppervlak
Sny die blaardeeg in twee dele en plaas langs mekaar bo-op die bakplaat.
Prik elke helfte met ’n skerp vurk om te voorkom dat dit te veel oppof
Bak in die oond tot goudbruin en laat eenkant afkoel
Vla:
Plaas die suiker, vlapoeier, melk en vanielje geursel in ’n kastrol en smelt by ’n medium hitte terwyl jy aanhoudend roer. Wanneer die mengsel verdik, roer steeds om klonte te voorkom. Verwyder van hitte en laat effens afkoel.
Smeer die een helfte van die blaardeeg versigtig met karamelkondensmelk
Smeer nou die dik vla bo-oor en versprei eweredig
Plaas nou die tweede helfte van die blaardeeg bo-op die vla-mengsel en laat afkoel
Sif versiersuiker bo-oor die voltooide tert ny in skywe met ’n skerp messie
Aternatief:
Smeer ’n regoekige bak met botter en voer die bak uit met Cream Crackers. Maak seker die lyntjies loop in dieselfde rigting. Smeer die warm vla oor die laag beskuitjies en plaas dan ’n tweede ry Cream Crackers bo-op die vlamengsel.
Maak ’n versiersel smeer van 1 koppie versiersuiker (gesif) en 2 - 3 eetlepels water. Smeer bo-oor die boonste laag Cream Crackers en laat afkoel in die yskas. Sny in skywe en bedien