Tuesday 20 May 2014

Tem jou selluliet met 2 groentesop-resepte




Tem jou selluliet met 2 groentesop-resepte
(Sarie)
Tot siens, selluliet! Met dié twee lekker sop-resepte sal jy ’n gróót verskil in jou selluliet sien.
Geurige groentesop (warm)
Resep lewer ±7 groot porsies (1½ koppie elk)
Bestanddele
◾3 eetlepels (45 ml) hoender- of beesvleis-aftrekselpoeier
◾1 eetlepel (15 ml) olyfolie
◾6 koppies (1,5 liter) kookwater
◾2 teelepels (10 ml) sout
◾500 g murgpampoentjies (gesny of gerasper)
◾700 g wortels (gesny of gerasper)
◾300 g groenbone (gekerf)
**Variasies
 Voeg kerrie-puree by wanneer die olie gebraai word. Voeg gesnyde seldery by ‘n paar minute voordat die kookproses klaar is.
Metode
1.Roerbraai die aftrekselpoeier in olyfolie in ‘n diep pot.
2.Voeg water en sout en dan al die gesnyde groente by.
3.Kook sowat 20 minute tot nét sag.

Koue somersop
Resep lewer ± 4 – 6 porsies
Bestanddele
◾1 knoffelhuisie
◾1 kg ryp tamaties, in kwarte gesny
◾1 Engelse komkommer
◾1 rooirissie, fyngesny
◾1 klein ui, geskil en gesny in kwarte
◾1 stuk seldery, in fyn skyfies gesny
◾1 rooirissie of ‘n paar druppels Tabasco-sous
◾¼ k (63 ml) vars basiliekruidblare
◾⅓ k (83 ml) vars pietersielieblare
◾swartpeper na smaak
◾2 eetlepels (30 ml) olyfolie
◾¼ k (63 ml) rooiwyn of wit balsemasyn
◾2 eetlepels (30 ml) tamatiepasta (opsioneel)
◾1 teelepel (5 ml) sout
Metode
1.Versap alles behalwe laaste drie bestanddele in ‘n voedselverwerker tot fyn, maar nie heeltemal verpulp nie.
2.Roer die asyn, tamatiepasta en sout by.
3.Voeg ‘n bietjie water by indien ‘n dunner sop verkies word.
4.Verkoel tot goed koud.
5.Garneer net voordat jy dit voorsit met vars geskeurde basiliekruidblare en ‘n lepel of twee Bulgaarse/ongegeurde jogurt as jy wil.