En daar wys Chris en Arthur ons Donderdagaand op Kokkedoor hoe moet 'n perfekte sjiffonkoek lyk.
Defnitief iets wat 'n mens eenkeer moet probeer.
Sjokolade-chiffonkoek...
50 g (125 ml) kakao
200 ml kookwater
250 g (450 ml) koekmeel
7,5 ml bakpoeier
360 g (450 ml) suiker
7,5 ml koeksoda
5 ml sout
125 ml sonneblomolie
7 eiergele (jumbo-eiers)
60 ml koue water
6 eierwitte (jumbo-eiers)
2,5 ml kremetart

Verhit jou oond tot 160 ºC. Meng kakao en kookwater saam en laat afkoel. Sif koekmeel, bakpoeier, suiker, koeksoda en sout drie keer saam. Klits olie en eiergele saam met afgekoelde kakao-mengsel. Meng olie-en-eiermengsel met droë bestanddele tot ’n gladde beslag. Voeg koue water by. Klits eierwitte tot skuimerig, roer die kremetart by en klits verder tot styf. Vou eierwitte by beslag in. Gooi in ’n ongesmeerde chiffon-pan. Bak vir 50 minute. Haal koek uit die oond en laat onderstebo in die pan afkoel. Versier en rond af met sjokolade-tulles.
Versiersel
30 g (30 ml) sagte botter
45 ml kakao, gesif
75 ml warm water
250 g (480 ml) versiersuiker, gesif
Smelt botter oor lae hitte. Voeg kakao by en meng goed. Roer vir sowat 1 minuut oor lae hitte. Laat afkoel en voeg warm water by. Voeg versiersuiker geleidelik by en meng elke keer goed. Die versiersel moet effe loperig wees – wanneer jy dit oor die koek gooi, moet dit vanself teen die kante afloop.
Wenk
Jy kan ekstra warm water byvoeg as die versiersel te dik is.
(Sarie)