Wednesday 28 May 2014

Marinda (Kokkedoor 1) Melktert Resep




Marinda Engelbrecht (Kokkedoor 1)
RESEP VIR MELKTERT...
Maak skilferkorsdeeg of koop klaar skilferkorsdeeg (Woolies die beste)
2 eierwitte geklits
70 g botter ( 75ml)
60 g koekmeel (125ml)
2 ml sout

500 ml melk
1 kaneelstokkie
100 g suiker ( 125ml)
2 eiers geskei
2 ml amandelgeursel
Kaneelsuiker
METODE
1. Rol die skilferkorsdeeg uit
2. Keer n blikbord om op die deeg en sny die rand 25 mm te wyd
3. Plaas die deeg op die bord en verf eierwit op die deeg
4. Sny nog stroke vir die rand en verf ook met eierwit
5. Verkoel die voorbereide tertkors
VULSEL:
1. Smelt botter in kastrol en roer koekmeel en sout by
2. Roer die melk geleidelik by, sit kaneelstokkie in en laat dit saggies prut – verwyder van die plaat
3. Klits die eiergele en suiker saam
4. Haal kaneelstokkie uit en roer die eier/suiker by die melkmengsel
5. Roer 2 ml amandelgeursel by
6. Klits eierwitte tot styf en vou in
7. Gooi vulsel in tertkors
8. Bak vir 7 minute by 230 grade en dan vir nog 40 minute by 180 grade
9. Strooi kaneelsuiker bo-oor