Wednesday 28 May 2014

8 wenke met eiers




8 wenke met eiers

1.Berei ’n volmaak gebakte eier met ’n kookringetjie in ’n pan. Die eiers moet teen kamertemperatuur wees. ’n Skoon tunablikkie wat aan albei kante oop is, werk ewe goed as ’n ring. Spuit die pan met kookolie, plaas die blikkie in die warm pan en breek die eier in die ring.
2.Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ’n swart ring om die eiergeel vorm.
3.Bêre eiergeel in ’n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ’n skil vorm. Gebruik binne vier dae.

4.Sny hardgekookte eiers deur met ’n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.
5.Vries eiergele Klits dit liggies saam met ½ teelepel sout. Vries dit in geseëlde houers of die vakkies van ’n ysbakkie tot jy hulle nodig het vir ’n omelet, nagereg of koek.
6.’n Lepel asyn in die water wanneer jy ’n eier posjeer keer dat die wit versprei. Dit help ook dat die eier vinniger stol.
7.Voeg ’n knippie sout by wanneer jy eiers klits om dit vinniger te laat skuim.
8.Plaas die eier in ’n bakkie water om die varsheid te toets. As dit sink en op die bodem bly lê, is dit drie tot ses dae oud. As dit sink en teen ’n hoek dryf, is dit ouer as ’n week. As dit sink en regop staan, is dit omtrent twee weke oud. As dit dryf, is dit te oud – gooi weg.
(Huisgenoot)