Monday 14 April 2014

Versierde koekies




Versierde koekies

Maak: 30-40
Bereidingstyd: 1 uur
Baktyd: 8 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 125 g (125ml) sagte botter
• 105 g (120ml) strooisuiker
• 5 ml vanieljegeursel
• 1groot eier
• 280 g (500ml) koekmeel
• 30 g (50ml) mielieblom
• 5 ml bakpoeier
• 250 g (500ml) versiersuiker
• koskleursels van jou keuse
• versierings van jou keuse

1 Klits die botter en strooisuiker saam tot lig en klits dan die vanieljegeursel en eier in.
2 Sif die koekmeel, mielieblom, bakpoeier en ’n knippie sout saam. Meng dit by die bottermengsel in om ’n stywe deeg te vorm. Rol die deeg in ’n bal en draai dit toe in kleefplastiek. Sit in die yskas vir 10 tot 15 minute tot ferm. Rol die deeg tot omtrent 5 mm dik uit op ’n oppervlak waaroor jy liggies meel gesif het. Gebruik koekiedrukkers om vorms daaruit te sny.
3 Pak op ’n gesmeerde bakplaat en bak in die verhitte oond vir agt minute. Haal uit die oond en laat afkoel.
4 Meng die versiersuiker met genoeg warm water om ’n stywe glaseersel te vorm. Verdeel dit tussen drie bakkies en kleur elkeen met ’n ander kleur koskleursel. Skep die versiersel in plastiek-versiersakke en druk patrone op die koekies uit. Rond af met die versierings. Laat hard word en stol. Pak die koekies in boksies of sellofaanpakkies sodat die kinders dit agterna huis toe kan neem.