Wednesday, 2 April 2014

Soetpatat-en-biltong-quesadilla




Soetpatat-en-biltong-quesadilla
vir 4
voorbereityd 5 minute
gaarmaaktyd 5 minute
...
Ek hou daarvan om patats toegedraai in foelie in die kole te bak, maar as ’n mens haastig is kan jy die patats afskil, in blokkies sny en vinnig sagkook voor jy dit fyndruk. Meng so veel botter en kaas as wat jy voor kans sien daarby in, maar moenie dat die mengsel te swaar raak nie.

Jy benodig
•1-2 oranje soetpatats, gekook
•4 eetlepels botter
•1 koppie mozzarellakaas, gerasper
•8 tortillas
•’n hand vol biltongskyfies

Só gebruik jy
1.Smeer ’n paar lepels vol op ’n tortilla (’n lagie van omtrent ½ cm dik sal deug) en sprinkel dan die biltong bo-oor. Voltooi die quesadilla deur nog ’n tortilla bo-op te sit.
2.Verhit ’n roosterplaat tot hy rook en plaas dan die quesadilla versigtig bo-op. Braai die quesadilla oor matige kole en draai dit ná ’n paar minute om. Hy’s reg wanneer die kaas gesmelt het.
3.Haal die quesadilla af, sny dit in wiggies en sit dit dadelik voor. Afhangende van jou smaak kan ’n teelepel heelkorrelmosterd of ’n sprinkeling paprika of rissiepoeier die vulsel net komplementeer!