Friday, 25 April 2014

Plant nou blomme in jou tuin

Dit raak nou winter en dit beteken dis tyd om blombolle te plant.  Ja, jy kan al so vroeg soos Julie maand al Ranonkels in jou tuin he en hierdie pragtige blomme lyk darem mooi as hul in 'n groot groep bymekaar geplant word.  Freesias is weer 'n blom wat volgens my altyd lente aankondig.  So soek 'n plekkie in jou tuin en begin hierdie naweek plant.  Plant tyd:  April / May.  Hier is 'n paar idees van blombolle en inligting oor hul blomtyd:

Ranunculus (Volks uitspraak Ranonkels):  Volson - Blomtyd Julie tot September.
Freesias:  Volson - Blomtyd Augustus / September.
Daffodils:  Volson - Blomtyd Julie tot September.
Iris:  Volson / Halfskadu (Oggend son / Namiddag skadu) - Blomtyd September / Oktober.
Leucojum:  Volson / Halfskadu (Oggend son / Namiddag skadu) - Blomtyd Julie tot September.
Tulpe:  Volson / Halfskadu  (Oggend son / Namiddag skadu) - Blomtyd September.